| Besigheids Transformasie |
BesigheidsTransformasie
Opsomming van Lesings
Inleiding
Die BesigheidsTransformasie seminaar neem die sakeman(vrou) op ‘n reis van die Land of Familiar waar hy/sy hul roeping ontdek en vasmaak tot in PromiseLand waar hulle hierdie roeping begin uitleef in hul werksplek of besigheid. Op hierdie reis moet die sakepersoon deur Comfort Zone, BorderLand, WasteLand, Sanctuary en Valley of Giants beweeg. Ons gebruik hierdie allegorie uit die boek, DroomGewer, van Bruce Wilkenson.
Elke fase het sy eie uitdagings en daarom neem ons die sakepersoon, deur praktiese voorbeelde uit die sakesektor, deur hierdie fases waardeur elke mens gaan. Die paradigmaskywe gedurende die sessies is intens, maar geweldig verblydend vir die sakepersoon wat voel hy is nutteloos in God se koninkryk. Elke lesing begin met ‘n 10 minute storie wat visueel uitgebeeld word. Daarna word geestesbeginsels met praktiese voorbeelde uit die sakesektor, vasgemaak. Hier volg die opskrifte en opsomming van elke lesing wat met die 7 fases identifiseer en saamhang.
Jy staan waarlik waar in 'n sake roeping!
Ons bespreek hier die vier tydperke / magsbasisse op aarde naamlik militêre tydperk, godsdienstige tydperk, politieke tydperk en laastens die ekonomiese tydperk waarin ons nou is. Dan beweeg ons na die ekonomiese weermag van vandag waarvan ek en jy deel is. Ons bespreek dan die punt oor wat jou rol en roeping is in die sakesektor vandag in die konteks van die ekonomiese era in Suid-Afrika en Afrika.
Jou geestelike mandaat in die sakesektor.
Ons gebruik as vertrekpunt Luk.19:10 en Kol.1:19-20 en wys dat Jesus nie net gekom het om individue te red nie, maar alles op aarde – ook ons besigheidsstelsels. Dan leer ons jou ‘n unieke manier om evangelisasie in die werksplek te doen sonder om iemand te na te kom. Ons wys jou ook uit op die wanopvattings wat ontstaan het weens die skeiding tussen die kerk en jou werksplek. Dan is daar ook ‘n evalueringsmetode om jouself te toets op watter vlak jy in die sakesektor as Christen funksioneer.
Die een geheim wat keer dat jy persoonlik deurbreek.
Ons verduidelik aan jou ‘n unieke konsep wat jou help om met daardie hardnekkige sondes te breek in die sakesektor wat jy net nie oorwin kry nie. Daardie dinge wat jou al moedeloos het as Christen. Dit bring waarlik waar finominale deurbrake en vernuwing vir jou persoonlik sowel as jou werksomgewing. Hierdie deel is nodig vir jou as persoon om op besigheidsvlak deur te breek.
Geestelike reiniging van besigheidsstelsels.
Ons kyk in hierdie module hoe jy jou besigheid of werksplek aan die Here toewy. Die toewyding van jou werksplek aan die Here maak die pad oop dat Hy beheer oorneem van jou werksomgewing. Ons hanteer aspekte soos die betaling van tiendes, hantering van diefstal, oneerlikheid, nakoming van die land se wetgewings, advertensies en mediums en ook aspekte rondom regverdigheid.
Verbreekte kontrakte en die invloed daarvan in jou besigheid
Ons dui vir jou vinnig aan wat al die implikasies van verbreekte verbonde / kontrakte is. Dan stap ons deur die Bybel en kyk na verskillende dimensies van beloftes en geloftes en wat die implikasie daarvan is in jou lewe en werksplek.
Gebruik die netwerke wat EK jou gee
Ons stel jou vinnig voor aan ‘n aantal netwerke wat God reeds in plek gestel het om jou te help op jou reis in die sakesektor. Van die Reuse waarteen jy te staan gaan kom, moet as die liggaam van Christus beveg word, daarom het jy nodig om te weet wie veg langs jou!
'n Koninkryksvisie in die sakesektor.
Ons leer jou hier dat die Here Jesus vir jou baie meer bedoel het as om slegs tot bekering te kom en hemel toe te gaan. Jy word nou deel van Sy koninkryksplan in die sakesektor . Jy begin nou vaste spys eet en nie meer net melk drink nie. In die sakekonteks beteken dit dat jy jou kennis, vaardighede, invloed, hulpbronne en leierskap posisies begin aanwend tot eer van die Here. Jy mentor en begelei individue, projekte en totale besighede. Jy begin transformeer dit wat onder jou invloedsfeer geplaas is.
EK stuur jou nou as afgevaardigde.
Hiermee stuur ons die kursusgangers as “Marketplace Ministers” in die sakesektor in om die deel waar hulle funksioneer terug te wen vir die koninkryk van God.


