Besigheids Transformasie

Skitterblink en BesigheidsTransformasie (BTB)SkitterBlink_Bus_Transformation2

Deel van Skitterblink se uitreik na die gemeenskap, is deur ‘n aktiewe rol te speel in die sosiale verantwoordelikheid en ekonomiese ontwikkeling van die gemeenskap op verskeie vlakke. Om ‘n gemeenskap te transformeer tot die voordeel van alle belanghebbenes is dit noodsaaklik dat besighede en individue in ‘n volhoubare groei proses betrokke raak. Om hierdie proses te help fasiliteer is ‘n kursus, BesigheidsTransformasie (BTB) op DVD beskikbaar gestel en is daar ook hande gevat met ander rolspelers soos  CLOAKING en Map4Life 

 

Besigheid – Volhoubare Groei Proses

Elke besigheid het ‘n visie wat hy wil bereik of waarna toe dit wil groei of uitbrei. Een manier is om dit geografies uit te druk in terme van ‘n lokale woonbuurt of stedelike dekking, ander wil uitbrei tot op streeks- of provinsiale vlak, nog ander het ‘n nasionale visie. Dit hang als af van elke entrepreneur of die besigheidseienaars van die betrokke besigheid. Hierdie visie van die besigheid is egter direk gekoppel aan die unieke gawe van die betrokke entrepreneur of kombinasie van ‘n samevoeging van entrepreneurs. Sien Individu – Volhoubare Groei Proses.

 

Enige besigheid wat volhoubaar wil groei gaan gewoonlik deur 4 stadiums beweeg, naamlik:

 

 1. Oprigting (navorsing, beplanning, registrasies ens.)

 2. Bedryf (Daaglikse bedryf van die spesifieke besigheid.)

 3. Bestuur (Bestuur en aanstelling van personeel om daaglikse bedryf te hanteer.)

 4. Vermenigvuldiging (Uitbreiding deur takke, agentskappe, franchises ens. )

 

Besigheid – Funksionele Afdelings / Areas

Om deur bogenoemde 4 stadiums te groei, is dit noodsaaklik dat die entrepreneur besef dat ‘n besigheid verskillende funksionele afdelings / areas het wat voortdurend in wisselwerking met mekaar funksioneer. ‘n Entrepreneur is gewoonlik sterk en het ‘n natuurlike aanleg vir 3 tot 4 van hierdie funksionele afdelings. Die probleem kom egter in by die areas waar jy nie natuurlike aanlegte het nie. Dit moet dus ontwikkel word.

 

Om dit eenvoudig te maak het ons ‘n besigheid in 8 funksionele afdelings / areas verdeel. Elke besigheid, hoe groot of hoe klein, het te doen met hierdie 8 afdelings. Die funksionele afdelings is as volg verdeel: 

  1. Finansies en Rekenkunde8Areas
  2. Bemarking en Verkope
  3. Menslike Hulpbronne en Bestuur
  4. Bedryf en Vervaardiging
  5. Administrasie en Wetgewing
  6. Kliënte Diens en Kwaliteit
  7. Inligtingstegnologie en Ontwikkeling
  8. Sosio-Ekonomie en Omgewingsverantwoordelikheid

Indien die entrepreneur dus kan verseker dat hy in elke stadium (oprigting, bedryf, ens) van sy besigheid aan al 8 funksionele afdelings (finansies, bemarking, ens.) aandag gee, sal sy besigheid volhoubaar groei oor die langtermyn. Dit sal veroorsaak dat hy vaste fondasies lê waarop hy vir die toekoms kan bou. Die uitdaging is egter om met hierdie 8 verskillende afdelings in balans te groei.

Hier is ‘n eenvoudige proses om volhoubare groei en transformasie in ‘n besigheid te bewerkstellig.

Om dus volhoubare, voortdurende groei te verseker, moet die volgende stappe gevolg word:

Dus, Stap 1, voltooi hierdie vraelyste.

Hier volg vraelyste per funksionele afdeling, om jou huidige posisie te bepaal:

  1. Finansies en Rekenkunde
  2. Bemarking en Verkope
  3. Menslike Hulpbronne en Bestuur
  4. Bedryf en Vervaardiging
  5. Administrasie en Wetgewing
  6. Kliënte Diens en Kwaliteit
  7. Inligtingstegnologie en Ontwikkeling
  8. Sosio-Ekonomie en Omgewingsverantwoordelikheid



Stap 2, plaas in plek dit wat nog nie in posisie is nie, volgens die vraelyste.

 

Stap 3, evalueer herhaaldelik en maak aanpassings totdat jy jou bestemming bereik.

 

Die BesigheidsTranformasie DVD kan jou ook hiermee help.

BTB_DVD_Cover_1  

 

Individu – Volhoubare Groei Proses

Vir ‘n besigheid om volhoubaar te groei, is dit egter nie net afhanklik van stelsels en funksionele areas om gebalanseerd te ontwikkel nie, maar ook van die individue wat dit bedryf. ‘n Individu se lewe bestaan egter nie net uit sy/haar beroepslewe nie. Indien ‘n persoon net fokus op sy/haar beroepslewe gaan die persoon sowel as die besigheid op die lange duur iewers langs die pad probleme opdoen met skadelike gevolge vir beide partye.

 

Dus, vir ‘n besigheid om volhoubaar te groei moet die individue wat dit bedryf ook gebalanseerd lewe en groei. Om gebalanseerd te leef as individu beteken jy moet aan al 8 verskillende leef areas aandag gee. Hierdie 8 leef areas bestaan uit die volgende:8LeefAreas

 

  1. Fisiese Gesondheid
  2. Intellektuele
  3. Familie / Verhoudings
  4. Geestelike
  5. Finansiële Welvaart
  6. Beroep / Besigheid
  7. Sosiale Verantwoordelikheid
  8. Rus en Restorasie

 

Weereens, hier is ‘n eenvoudige proses om volhoubare groei en transformasie in ‘n individu te bewerkstellig.

Om dus volhoubare, voortdurende groei te verseker, moet die volgende stappe gevolg word:

 

Dus, Stap 1, voltooi hierdie vraelyste.

Hier volg vraelyste per leef area, om jou huidige posisie te bepaal:

  1. Fisiese Gesondheid
  2. Intellektuele
  3. Familie / Verhoudings
  4. Geestelike
  5. Finansiële Welvaart
  6. Beroep / Besigheid
  7.  Sosiale VerantwoordelikheidMap4Life
  8. Rus en Restorasie
  9. 

Stap 2, plaas in plek dit wat nog nie in posisie is volgens die vraelyste.

 

Stap 3, evalueer herhaaldelik en maak aanpassings totdat jy jou bestemming bereik. 

 (‘n Baie handige bron wat as hulpmiddel kan dien is die web tuiste van Glen McQuirk, www.map4life.com )